Boeremusiekgilde 

Is u reeds 'n lid van die Boeremusiekgilde maar u persoonlike inligting het dalk verander sedert u aangesluit het? U kan nou u inligting gerieflik op dateer deur 'n vorm aanlyn in te vul en aan ons te stuur.

Aangesien dit vir ons van groot belang is om gereeld met ons lede te kommunikeer, is dit noodsaaklik dat ons u regte kontakbesonderhede in ons databasis het. Vul dus gerus die vorm in en stuur dit aan die betrokke Streekleier van die streek waarin u woonagtig is. Die streekindeling is soos volg:

  • Noordstreek (Alle takke noord van die Oranjerivier): Bosveld; Noordoos-Vrystaat; Noordwes; Pretoria; Brits; Leeupoort; Vaaldriehoek; Klerksdorp; Vrystaat; Wiwatersrand.
  • Suidstreek (alle takke suid van die Oranjerivier): Boland; Outeniqua; Kaapstad;
    Port Elizabeth; Oos-Londen

Kliek op die Noord of Suid skakel hier onder vir vorm van die betrokke streek waarmee jy jou veranderde inligting kan instuur.



Die Sekretaris
Boeremusiekgilde
Posbus 13552
NORKEM PARK
1631