Kliek hier om die amptelike getekende weergawe in pdf formaat af te laai
1 NAAM VISIE & MISSIE
1.1 NAAM
Die naam van die die organisasie is BOEREMUSIEKGILDE, hierna genoem die GILDE, welke naam en gepaardgaande embleem geregistreer is by die Department van Handel en Nywerheid by wyse van sertifikaatnommer 2003/06333 gedateer 18 April 2003.1.2 VISIE
Om as kultuurorganisasie ons volkseie kultuurmusiek in die Boeremusiek-idioom te bewaar, te bevorder, te bestuur en dinamies te laat groei en ontwikkel om saam met veranderende tye te moderniseer sonder om afbreuk te doen aan die historiese inslag of basis daarvan.
1.3 MISSIE
Om Boeremusiek in al sy vorme, tradisioneel en modern, te bevorder en sover en omvattend as moontlik aan alle lede asook Boeremusiekliefhebbers die geleentheid te bied om deel te neem aan en die genot van Boeremusiek op n direkte basis deelagtig te wees en deur middel van ontwikkelingsaksies die jeug te onderrig in die speel en waardering van hierdie kultuurmusiek om sodoende n standhoudende liefde daarvoor te vestig en om deur optredes, funksies, opnames en deelname Boeremusiek vir die nageslag te bewaar.
2. STIGTINGSDATUM
Die stigtingsdatum van die GILDE is 9 Oktober 1989.
3. DOEL EN OOGMERKE
3.1 Die GILDE is n NIE-WINSGEWENDE, NIE-POLITIEKE KULTUUR-ORGANISASIE wat ten doel het die behoud, bevordering en uitbouing van Tradisionele en Eietydse Boeremusiek, waarby ingesluit is ligte Afrikaanse Musiek in die ritmiese idioom. Klem word geplaas op Boeremusiek.
3.2 Ten einde di doel te verwesenlik word die volgende oogmerke daargestel:
3.2.1 Die werf van lede vir die GILDE;
3.2.2 Die verspreiding van Boeremusiekopnames;
3.2.3 Die daarstelling van werkswinkels om beginnermusikante te onderrig;
3.2.4 Om konserte, feeste, byeenkomste en gesellighede waar Boeremusiek die aantrekkingskrag is, aan te bied en aan te moedig;
3.2.5 Om Boeremusiek in alle vorms daadwerklik te bevorder;
3.2.6 Om die jeug te betrek ten einde belangstelling in Boeremusiek by hulle te wek, te kweek en te bevorder;
3.2.7 Om Boeremusiek-uitsendings oor die Radio en TV te bewerkstellig;
3.2.8 Om fondse in te samel by wyse van borgskappe of ander metodes ten einde uitvoering aan die oogmerke van die GILDE te gee;
3.2.9 Om as adviesliggaam te dien vir die media, platebedryf en ondersteuners van Boeremusiek en sal deur die Hoofbestuur behartig word.
3.2.10 Om n bemarkingsarm te vestig en te beliggaam in n vrystaande privaat maatskappy, vir die koop, verkoop, bevordering, bemarking en aanbieding van produkte, gegenereer of geproduseer deur Gildelede, of ander bedryfsbates, plaaslik en op internasionale markte.
4. BELEID
4.1 Die beleid van die Gilde word vervat in die Grondwet. Enige wysigings, byvoegings of herroeping van enige deel daarvan sal slegs van krag wees indien goedgekeur by n Nasionale Algemene Jaarvergadering met n meerderheidsbesluit van minstens sestig persent (60%) van die lede teenwoordig.
4.2 Enige versoek vir n wysiging of byvoeging van n beleidsaangeleentheid t.o.v die Grondwet moet skriftelik deur n lid van die Gilde aan Hoofbestuur via die betrokke Tak- en Streekbestuur, besorg word.
4.3 Die wysiging of toevoeging wat voorgestel word, moet duidelik in n versoekskrif
vermeld word.
4.4 Streekkantore sal by ontvangs van sodanige skrywe dit onverwyld deurgee aan Hoofkantoor, wat op hulle beurt alle lede skriftelik van sodanige versoek sal verwittig sodat die aangeleentheid tydens n Nasionale Algemene Jaarvergadering bespreek kan word.
4.5 Ter aanvulling en/of ter wille van verduidelikende omskrywing van enige
voorafbestaande grondwetbepaling, behou die Hoofbestuur van die Gilde die
reg van uitbreiding voor ten einde enige klousule, soos vervat in die
Grondwet, te enige tyd met n meerderheidsbesluit toe te lig by wyse van n
beskrywende regulasie (hierna genoem regulasienommer), indien daar enige
motivering bestaan dat sodanige klousule meer omvattend omskryf moet
word met die doel om n beter toepassingsbeleid te bewerkstellig. Sodanige
regulasie sal in die spesiale diskresie van die Hoofbestuur berus en slegs by
wyse van kennisname aan lede bekendgemaak word.
5. AFFILIASIE
Die GILDE kan met die goedkeuring van die Hoofbestuur by enige organisasie met dieselfde oogmerke en doelstellings affilieer, of enige sodanige organisasie toelaat om by die GILDE te affilieer.
6. BESTUUR
6.1 HOOFBESTUUR
Die Hoofbestuur (ook na verwys as Hoofkantoor) van die Gilde bestaan uit n Nasio- nale Voorsitter, Ondervoorsitter, Tesourier, Sekretaris, die Voorsitters van Noord- en Suidstreke, asook enige gekopteerde komponent gedurende die termyn, wat Hoof-
bestuur in staat sal stel om bedrywighede van die Gilde na behore te bedryf en te bestuur. (Verwysing na die Jeug, ens.)
6.2 STREEKBESTUUR
Die Streekbestuur, (ook na verwys as Streekkantoor), bestaan uit ?n Voorsitter, Ondervoorsitter, Tesourier, Sekretaris en die Voorsitters van die Takke in die Streek, asook enige gekopteerde lid gedurende die termyn na gelang van die ontstaan van spesiale behoeftes.
6.3 TAKBESTUUR
Die Takbestuur bestaan uit ?n Voorsitter, Ondervoorsitter, Tesourier, Sekretaris en ?n minimum van een (1), maar nie meer as drie (3), addisionele bestuurslede, asook enige gekopteerde lid gedurende die termyn, na gelang van die ontstaan van spesiale behoeftes.
6.4 VERKIESING VAN BESTUURSLEDE
6.4.1 Die Nasionale Voorsitter, Ondervoorsitter, Sekretaris en Tesourier word by n Nasionale Algemene Jaarvergadering verkies. Dienende lede is herkiesbaar.
6.4.2 Die Streekvoorsitter, Ondervoorsitter, Sekretaris en Tesourier word by die
Jaarvergadering van die Streek verkies. Dienende lede is herkiesbaar.
6.4.3 Die Takvoorsitter, Ondervoorsitter, Sekretaris, Tesourier en Addisionele
bestuurslede word by die Jaarvergadering van die Tak verkies.
Dienende lede is herkiesbaar.
6.4.4 Geen Bestuur op enige vlak sal in bestaande groepsverband herkies word
nie, maar individueel per posbehoefte.
6.4.5 Slegs verkose bestuurslede het stemreg tydens Bestuursvergaderings,
6.5.2, 6.5.3 en 8.4.3 uitgesonderd.
6.5 VAKATURES
6.5.1 Wanneer die pos van Voorsitter vakant raak, word die betrokke Ondervoorsitter ipso facto die Voorsitter.
6.5.2 Wanneer ander poste in die Hoofkantoorvlak vakant raak moet die Hoofbestuur n lid beklee met volle magte,aanstel om die pos vir die res van die termyn te vul.
6.5.3 Wanneer ander poste op bestuursvlak in n Streek- of Tak vakant raak, moet die Streek-/Takbestuur n lid, beklee met volle magte, aanstel om die pos vir die res van die termyn te vul.
7. DIENSTYDPERK VAN BESTUURSLEDE
Alle lede, wat in verkose ampte dien, sal vir n tydperk van minstens een *termyn in die
betrokke pos dien, met dien verstande dat sodanige verkose lede volwaardige en
opbetaalde lede van die Gilde is. (*AJV tot AJV)
8. VERGADERINGS
8.1 ALGEMENE JAARVERGADERING - NASIONAAL
Die Nasionale Algemene Jaarvergadering van die GILDE sal jaarliks, gedurende Oktober, roterend in die Noord- en Suidstreek gehou. n Minimum aantal van twintig (20) opbetaalde lede teenwoordig sal geag word n kworum te wees. Besluite wat deur 50% (+1) ondersteun word, word aanvaar.
8.2 BUITENGEWONE ALGEMENE VERGADERINGS
8.2.1 BUITENGEWONE ALGEMENE VERGADERINGS mag deur Hoofbestuur bel word of indien daarvoor aangevra word en dit die steun van minstens twee-derdes van die Hoofbestuur geniet, in welke geval die vergadering bel sal word in die Streek waar die voorstel ingedien is. Twintig (20) opbetaalde lede teenwoordig sal geag word as n kworum. Besluite wat deur 50% (+1) ondersteun word, word aanvaar.
8.2.2 Aansoekers van so n Buitengewone Algemene Vergadering moet n skriftelike gemotiveerde aansoek aan die Voorsitter rig, minstens een en twintig (21) dae voor die datum van die vergadering. Die punt(e) vir bespreking moet duidelik in die aansoek gemeld word. Die Voorsitter moet alle betrokkenes minstens een (1) week voor die vergadering van alle verwante inligting voorsien.
8.2.3 Slegs die punt(e) waarvan kennis gegee was, mag tydens die vergadering bespreek word. Die Hoofbestuur mag tydens die vergadering die nodige stappe doen om probleme op te los.
8.2.4 Buitengewone Algemene vergaderings op Streek- en Takvlak moet die steun van minstens twee-derdes van die betrokke Bestuur geniet, by gebrek waarop Hoofbestuur sodanige versoek sal oorweeg.
8.3 ALGEMENE JAARVERGADERINGS STREKE EN TAKKE
8.3.1 Streke hou onderskeidelik een maal per jaar, gedurende Augustus, jaarvergaderings. By n Jaarvergadering sal vyftien (15) opbetaalde lede of een-derde van die Streek-ledetal, watter getal ookal die kleinste is, geag word n kworum te wees. Besluite wat deur 50% (+1) ondersteun word, word aanvaar.
8.3.2 Takke hou onderskeidelik een maal per jaar, gedurende Julie, jaarvergaderings. By n Jaarvergadering sal tien (10) opbetaalde lede of een derde van die Tak-ledetal, watter getal ookal die kleinste is, geag word n kworum te wees. Besluite wat deur 50% (+1) ondersteun word, word aanvaar.
8.4 BESTUURS-/KOMITEEVERGADERINGS
8.4.1 Alle ander vergaderings sal in hierdie kategorie gehanteer en maandeliks
gehou word soos bepaal deur die Streek-/Takbesture. Vyftig persent (+1)
van die Bestuurslede sal geag word n kworum te wees. Besluite wat deur
50% (+1) van die lede teenwoordig ondersteun word, word aanvaar.
8.4.2 Indien by enige van genoemde vergaderings nie voldoende lede is om n kworum te vorm nie, sal die Voorsitter van sodanige vergadering die vergadering uitstel vir sewe (7) dae en n tweede vergadering bel om plaas te vind op n tyd en plek deur hom/haar bepaal. Alle lede teenwoordig (ongeag die hoeveelheid) by so n tweede vergadering sal voldoende geag word om n kworum te vorm vir sodanige vergadering.
8.4.3 Bestuurslede wat afwesig is by drie (3) agtereenvolgende vergaderings, sonder n voorafgaande verskoning, se pos sal vakant verklaar word. Die
betrokke Bestuur is by magte om n opbetaalde lid, beklee met volle magte, in daardie pos aan te stel vir die res van die termyn.
8.4.4 Notules van alle vergaderings moet bygehou word en na goedkeuring by n
volgende vergadering deur die Voorsitter onderteken word.
8.4.5 Die Voorsitter het, in alle gevalle, die reg om, bo en behalwe sy normale
stem, n beslissende stem uit te bring in die geval van n gelykop uitslag.
8.5 VOLMAG/PROKURASIE
Volmagte (Prokurasies) mag gebruik word in gevalle waar lede nie self n vergadering kan bywoon nie. Sien Bylaag 2 vir Volmag vereistes/prosedures en Bylaag 2A vir Volmag Vorm.
8.6 KONGRESSE
In die uitsluitlike diskressie van die Hoofbestuur, kan daar n kongres bel word om aangeleenthede van spesifieke belang te bespreek. Hierdie kongres sal slegs in rigtinggewende belang aangewend word, sonder enige uitvoerende gesag. Besluite sal oorgedra word na die AJV vir oorweging en goedkeuring deur Boeremusiekgilde-lede.
9. LIDMAATSKAP
Lidmaatskap is onderhewig aan die goedkeuring van die Takbestuur waar n voornemende lid aansoek doen, asook di finale goedkeuring van die Streekbestuur en die aanvaarding, deur die voornemende lid, van die voorwaardes en rels van die
Gedragskode (Sien bylaag 1). Vir die doel van die Grondwet is n lid enige ingeskrewe lid
van die GILDE wie se ledegeld tot op datum betaal is.
9.1 LID
n Persoon is n lid as hy/sy behoorlik hierom aansoek gedoen het op die voorge- skrewe aansoekvorm, die voorgeskrewe ledegeld, soos bepaal tydens n Nasio- nale Algemene Jaarvergadering, vir/deur die persoon betaal is en hy/sy as lid aan-
vaar is. Lidmaatskap is geldig vanaf 1 Julie tot 30 Junie en is slegs geldig tot die datum/dag voor verjaring van die lidmaatskap. Nuwe lede, wat tussen hierdie datums aansluit, se ledegeld sal vir die res van die betrokke jaar op n pro-rata grondslag bereken word.
9.1.1 Lidmaatskap verleen aan n lid stemreg, asook die reg om op komitees, van die Tak/Streek waar hy/sy geregistreer is asook op Nasionale vlak, te dien.
9.1.2 n Lid word beperk tot lidmaatskap van slegs een Tak op enige gegewe tydstip.
9.1.3 n Lid moet skriftelik by sy/haar Tak aansoek doen vir oorplasing na n ander Tak.
9.2 LEWENSLANGE LID
9.2.1 n Lid kan, deur die betaling van n eenmalige voorgeskrewe bedrag soos
bepaal deur die Nasionale Algemene Jaarvergadering en na goedkeuring
van die Hoofbestuur, n lewenslange lid van die Gilde word.
9.2.2 n Sertifikaat sal deur Hoofkantoor aan so n lid uitgereik word ten einde
lewenslange lidmaatskap te bevestig.
9.2.3 Lewenslange lede en gades verkry gratis toegang tot enige gewone funksie van die GILDE.
9.2.4 Alle lewenslange lede aan wie gratis lewenslange lidmaatskap toegeken is tot 30 Junie 1998, behou daardie status.
9.3 LEWENS ERE-LID
9.3.1 Lewens Ere-lidmaatskap sal oorweeg en aan n lid toegestaan word, in die
uitsluitlike diskresie en goedkeuring van Hoofbestuur, indien n skriftelike
motivering deur die Takbestuur, met aanbeveling deur die Streekbestuur,
ontvang en aanvaar word.
9.3.2 n Sertifikaat sal deur Hoofkantoor uitgereik word om Lewens Ere-
lidmaatskap te bevestig.
9.3.3 Geen lidmaatskapgelde is hierna betaalbaar nie.
9.3.4 Lewens Ere-lede en hul gades/met-geselle verkry lewenslange gratis
toegang tot enige funksie van die GILDE
9.4 ERE-PRESIDENT
9.4.1 n Ere-President word by die Algemene Jaarvergadering verkies uit die lede van die GILDE vir n termyn van een jaar en mag vir n tweede termyn van een jaar verkies word waarna hy/sy moet uittree. Slegs een Ere-President word verkies en n sertifikaat word aan die persoon uitgereik. n Ere-Presidentsketting word aan die verkose persoon oorhandig om tydens amptelike funksies gedra te word. Aan die einde van sy/haar termyn word
n Oud Ere-President medalje oorhandig. Die Ere-Presidentsketting bly die eiendom van die GILDE.
9.4.2 n Ere-President is vrygestel van ledegeld en hy/sy en sy/haar gade / metgesel verkry gratis toegang tot alle funksies van die GILDE tydens sy/haar ampstermyn.
9.5 BESKERMHEER/-DAME
n Persoon kan, uit hoofde van sy/haar publieke amp, of as n spesiale voordeel vir
wat hy/sy vir die Gilde bewerkstellig het, as Beskermheer/-dame van die GILDE op Nasionale, Streek- of Takvlak genomineer word. Die besluite ten opsigte van die benoeming van sodanige persoon sal tydens die betrokke Algemene Jaarvergader- ing geneem word en is jaarliks hersienbaar. Beskermhere/-dames en hul gades is
vrygestel van ledegeld tydens hul termyn en verkry gratis toegang tot enige funksie van die GILDE.
10. GEOGRAFIESE INDELING
Die Republiek van Suid-Afrika is in die volgende streke verdeel:
NOORDSTREEK: Noord-Wes Provinsie, Limpopo Provinsie, Mpumalanga, Gauteng, Vrystaat, Kwazulu-Natal en Noord-Kaap (Noord van die Oranjerivier).
SUIDSTREEK: Wes-Kaap, Oos-Kaap en Noord-Kaap (Suid van die Oranjerivier)
11. STIGTING VAN NUWE TAKKE/AFSTIGTING VAN BESTAANDE TAKKE
n Nuwe Tak mag gestig word/afstig met die skriftelike goedkeuring van die betrokke Streekbestuur. Die voorwaardes met betrekking tot stigting/afstigting word deur die betrokke Streekbestuur bepaal, onderhewig aan die bepalings van die Grondwet en goedkeuring van Hoofbestuur.
12. FINANSIES
12.1 Die finansile jaar van Hoofkantoor, Streekkantore en Takke van die GILDE strek vanaf 1 Julie tot 30 Junie.
12.2 Hoofkantoor, Streekkantore en Takke moet n bankrekening by n erkende handelsbank open in die naam van die BOEREMUSIEKGILDE en n aanduiding van die betrokke Streek of Tak.
12.3 Alle fondse ontvang moet verreken word deur middel van kwitansies wat uitgereik moet word. Uitgawes (betalings) wat in kontant gedoen word, moet deur stawende dokumente bewys word. Kontant en alle tjeks ontvang, moet in die betrokke bankrekening inbetaal word.
12.4 Magtiging vir enige finansile transaksie moet by n vergadering deur die betrokke Bestuur bepaal en skriftelik goedgekeur word.
12.5 Ten opsigte van die bedrae van tjeks by uitreiking word die volgende beperkings gestel en handtekeninge verlang:
12.5.1 Bedrae tot en met Eenduisend Rand (R1 000.00): Twee (2) handtekening van gevolgmagtigde Bestuurslede. Bedrae tot en met Eenduisend Rand
(R1 000.00):
12.5.2 Bedrae wat Eenduisend Rand (R1 000.00) oorskry: Twee handtekening van gevolmagtigde Bestuurslede nadat skriftelike magtiging vir die uitreiking van sodanige tjek, vooraf byn Bestuursvergadering verkry is.
12.5.3 Alle Uitgawes moet met stawende dokumente bewys word.
12.5.4 Geen uitgawe, behalwe normale lopende uitgawes, mag aangegaan word nie tensy vooraf by n komitee-vergadering goedgekeur.
12.5.5 Gevolmagtigde Bestuurslede mag geensins, in enige hoedanigheid aan mekaar verwant wees nie.
12.6 Aan die einde van n finansile jaar moet die betrokke Voorsitter toesien dat
finansile state van inkomstes/uitgawes, bates en laste, opgestel deur n
onafhanklike rekenpligtige beampte, beskikbaar gestel word vir voorlegging
en goedkeuring tydens n Algemene Jaarvergadering of, in die geval van
Hoofkantoor, by die Nasionale Algemene Jaarvergadering.
12.7 Die betrokke Bestuur beskik oor alle magte en bevoegdhede wat nodig mag wees en regtens toelaatbaar is om behoorlik uitvoering aan die doelstellings van die GILDE te verleen.
12.8 Die aanwending van enige fondse word aan die diskresie van die betrokke Bestuur oorgelaat, met dien verstande dat dit in belang van Boeremusiek moet wees.
12.9 Ledegeld word verdeel tussen die Tak, Streek en Hoofkantoor soos bepaal deur die Nasionale Algemene Jaarvergadering.
12.10 Geen lid mag enige oortrokke fasiliteit, lening by n bank, n finansile instelling of n privaat persoon namens die Gilde aangaan nie en enige waarde van kontant, wat as kleinkas gehanteer word, word beperk tot n maksimum van R1 000 (een duisend Rand)
12.11 Die Bestuur van Takke, Streke en Hoofkantoor aanvaar volle aanspreeklikheid vir enige onrelmatighede met betrekking tot alle bank dienste (Internet Dienste, Elektroniese Kaart oorplasings ens.) soos deur die Tak, Streek en/of Hoofkantoor aangegaan.
12.12 Die Boeremusiekgilde geniet vrystelling van inkomstebelasting in ooreenstemming met die Suid-Afrikaanse Inkomste Diens (SAID) vrystelling, verwysingsnommer 93 000 1536, gedateer 15 Julie 2001.
13. FUNKSIES
13.1 Takke moet eie fondse genereer vir gebruik tydens funksies deur hulle aangebied en ter delging van alle lopende onkostes. Die metodes van aanbieding van funksies word aan die diskresie van die betrokke Bestuur oorgelaat.
13.2 Fondse mag by wyse van n toegangsfooi, borge, lotingverkope of donasie en verkoping ge-in word.
14. HONORARIA
Die betrokke Bestuur besluit oor die honorarium wat betaal word aan bestuurslede. Hierdie betalings word gedoen uit eie rekening.
15. OPENBARE SKAKELING
Elke Streek bepaal wie hierdie funksie vervul.
16. DISSIPLINE
Alle klagtes sal skriftelik via n Takbestuur aan die betrokke Streekbestuur gerig word. n Lid en/of bestuurslid van die Gilde kan sy/haar lidmaatskap/pos verbeur indien:
16.1 Hy/sy in die oordeel van die betrokke Streekbestuur sodanig handel dat dit die doel, oogmerke, goeie orde of naam van die GILDE of enige lid van die Gilde, skaad;
16.2 Hy/sy nalaat om volgehoue lidmaatskap te betaal;
16.3 Hy/sy uit eie vrye wil bedank as lid van die GILDE met die duidelike verstandhouding dat geen deel van enige lidmaatskapfooie aan so n persoon terugbetaal sal word nie;
16.4 n Kommissie van Ondersoek mag deur die betrokke Streekbestuur aangewys word om ongerymdhede te ondersoek, daaroor verslag te doen en n aanbeveling te doen vir optrede.
16.5 Die Gedragskode van die GILDE vorm n integrale deel van die Grondwet en word as 'n bylaag ingesluit.
17. VOORDELE AAN LEDE
n Lid is geregtig op die ondergenoemde algemene voordele terwyl hy/sy n lid van die GILDE is:
17.1 Alle lede en hulle gades is geregtig op toegangsafslag by amptelike funksies;
17.2 Promosiemateriaal soos plate, musiekkassette en-skywe mag teen voorkeurpryse aan lede beskikbaar gestel word;
17.3 Deur gereelde betaling van lidmaatskapfooie verseker lede dat die GILDE projekte kan aanpak wat Boeremusiek bewaar, bevorder en uitbou;
17.4 Musikante en liefhebbers kan gelykmatig voordeel trek uit die aanwending van fondse by wyse van byvoorbeeld konsertaanbiedings, asook die skoling van die jeug in die waardering van Boeremusiek;
17.5 Alle ingeskrewe lede het n stem in die bestuur van die GILDE;
17.6 Lede dans by, en luister na musiek van n lewendige orkes;
17.7 Lede ontvang die GILDE se nuusbriewe waarin alle funksies en ander nuus verskyn. Hulle bly dus ingelig.
17.8 Lede verkeer saam met geesgenote.
17.9 Ere-lede en hulle metgeselle verkry gratis toegang tot enige gewone funksie in enige streek.
17.10 Lede kan relevante artikels en dienste gratis landswyd deur die Gilde adverteer. Dienste moet voordele vir die lede inhou. Die finale besluit berus by die betrokke bestuur.
17.11 Indien n lid n musiekinstrument wil leer bespeel kan musikante van die GILDE na goeddunke deur middel van werkswinkels onderrig verskaf.
17.12 Lede is ook geregtig op die aankoop en dra van enige kledingstuk of juweliersware deur die GILDE aangebied of wat eie is aan die GILDE of waarmee die GILDE geassosieer word.
17.13 LEDE ONDERSTEUN N KULTUUR-ORGANISASIE. DIT IS N KOLLEKTIEWE VOORDEEL.
18. REGSPERSOONLIKHEID
18.1 Die betrokke Streekbestuur, in oorleg met Hoofbestuur, besluit oor die instel of verdediging van regsgedinge in oorleg met die Hoofbestuur en benoem n bevoegde persoon om as verteenwoordiger op te tree.
18.2 Die betrokke Streekbestuur kan ook regte en verpligtinge namens sy Streek aangaan, mits sodanige regte en verpligtinge deur die Hoofbestuur goedgekeur is.
19. EIENDOMSREG
Die Tak-, Streek- en Hoofkantoor-eiendom is vanuit die betrokke Tak, Streek en Hoofkan-toor fondse en of skenkings verkry en daarom beskik slegs die betrokke Tak-, Streek- of Hoofbestuur, eiendomsreg en beheer van sodanige eiendom.
20. ONTBINDING
Die Boeremusiekgilde sal nie ontbind word nie, tensy:
20.1 Skriftelike aanduiding van alle Takke ontvang is dat sodanige optrede voor die handliggend is en/of in die geval van insolvensie.
20.2 Hoofbestuur n Buitengewone Nasionale Algemene Vergadering, wat vir hierdie
spesifieke doel bel is en waartydens n minimum van twintig (20) opbetaalde lede
teenwoordig moet wees, daaroor n besluit neem. Minstens 60% van die teenwoor- dige lede moet ten gunste van ontbinding stem.
20.3 Daar moet minstens een en twintig (21) dae kennis gegee word van so n vergadering en die kennisgewing waarin so n vergadering bel word, moet duidelik
meld dat die kwessie van ontbinding van die GILDE en beskikking oor sy bates oorweeg sal word.
20.4 Indien daar by ontbinding van die GILDE enige bates hoegenaamd oorbly nadat skulde vereffen en verpligtinge nagekom is, sal die bates nie betaal word of verdeel
word onder lede van die GILDE nie, maar aan n aanvaarbare instansie of organi- sasie, met ooreenstemmende doelwitte en oogmerke as die Gilde, deur die lede
teenwoordig by die buitengewone Nasionale Algemene Vergadering wat vir die doel bel is, begunstig word.
20.5 Indien n Streekbestuur na deeglike ondersoek en oorweging sou besluit dat een van sy Takke nie na wense funksioneer nie of as gevolg van re-organisasie oorbodig raak, kan so n Tak ontbind word. By ontbinding van n Tak sal alle bates na delging van alle laste aan die betrokke Streekkantoor oorgedra word.
RSA GRONDWET & LANDSWETTE
Hierdie Grondwet is onderhewig aan die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika asook alle landswette.
22 ALGEMEEN
Enige aspek wat in die besonder nie in die grondwet omskryf is nie, moet skriftelik na Hoofkantoor verwys word vir uitsluitsel.
23 VERTOLKING
In n geval waar twyfel bestaan oor die betekenis of vertolking van enige Klousule of Regulasie, soos vervat in die Grondwet, sal Hoofbestuur se skriftelike, gemotiveerde besluit oor die betekenis of vertolking daarvan finaal en bindend wees.
GOEDGEKEUR BY ALGEMENE JAARVERGADERING GEHOU OP 8 OKTOBER 2010 BY DIE VOORTREKKER MONUMENT, PRETORIA
..... .
WILLIE MYNHARDT Datum
NASIONALE VOORSITTER BYLAAG 1 GEDRAGSKODE As n Kultuurorganisasie wat die bevordering van ons musiekerfenis ten doel het en getrou is aan die morele standaarde soos voorgehou deur ons Afrikaner volk, onderneem en onderskryf elke lid van die Boeremusiekgilde die volgende gedragskode:
Elke byeenkoms sal met gebed geopen word.
Elke lid sal homself gedra in terme van die bepalings van die Grondwet van die Boeremusiekgilde en homself onderwerp aan die tug van die Tak/Streekbestuur indien sy optrede van sodanige aard is dat dit die Gilde of enige lid in diskrediet mag bring of nadelige gevolge mag h vir die Boeremusiekgilde of enige lid se goeie naam.
Kleredrag sal in ooreenstemming met aanvaarbare en voorgeskrewe standaarde wees.
Dronkenskap, brassery, gebruik van vuil taal, lastigheid en enige daad wat verrig word as gevolg waarvan die goeie naam van die Boeremusiekgilde of enige lid skade mag ly, sal nie geduld word nie.
Enige lid wie optree soos hierbo verbied word stel sy lidmaatskap in gedrang.
Die uitreiking van n lidmaatskapkaart is bewys dat elke houer van sodanige kaart homself vereenselwig met hierdie gedragskode.