Boeremusiekgilde aansluit 

Baie dankie vir jou belangstelling in die Boeremusiekgilde. Maak gerus gebruik van die elektroniese aansoekvorm indien jy graag by die Gilde wil aansluit of skryf aan ons by die adres onder aan hierdie bladsy. Sodra ons jou aansoek via ons webwerf ontvang het en dit deur die betrokke dagbestuur goedgekeur is, sal ons jou meedeel wat die ledegeld bedra en relings tref vir betaling.

Aangesien Streekbesture alle aansoeke om lidmaatskap van 'n tak in hulle streek moet goedkeur, moet u asseblief die aansoekvorm van die betrokke streek voltooi en instuur. Die streke met hul takke is soos volg:

  • Noordstreek (Alle takke noord van die Oranjerivier): Bosveld; Brits, Leeupoort, Noordoos-Vrystaat; Noordwes; Potgietersrus; Pretoria; Vaaldriehoek; Vaalharts; Klerksdorp; Vrystaat; Witwatersrand

  • Suidstreek (alle takke suid van die Oranjerivier): Boland; Outeniqua; Kaapstad;
    Port Elizabeth; Oos-Londen
    Lees asseblief die voorwaardes vir Lidmaatskap soos hier onder uiteengesit.

Kliek op die Noord of Suid skakel hier onder vir die betrokke streek se aansoekvorm



AANSLUITINGSVOORWAARDES

  1. Aansoeke is onderhewig aan die goedkeuring deur die dagbestuur van die betrokke streek.
  2. Die Boeremusiekgilde is n apolitiese, nie-winsgewende kultuurorganisasie en lede mag dit alleenlik as sodanig beskou en gebruik maak van voordele soos bepaal in die Grondwet en die Gedragskode.
  3. Lede erken dat ledegeld jaarliks vanaf 1 Julie vooruitbetaal moet word en dat gebrek aan betaling beindiging van lidmaatskap mag inhou.
  4. Lede onderneem om Boeremusiek in al sy vorme te onderhou, bewaar en te promoveer.
  5. Lidmaatskapkaarte moet te alle tye getoon word indien lede gebruik wil maak van Gilde aktiwiteite en voordele.
  6. Voorgenome lede bevestig aanvaarding van bogenoemde voorwaardes deur die "Ja" blokkie in die aansoekvorm te merk.
  7. Lidmaatskap is geldig vanaf 1 Julie tot 30 Junie die daaropvolgende jaar.

Die Sekretaris
Boeremusiekgilde
Posbus 13552
NORKEM PARK
1631